Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

TRANSFORMASIE: SKADE AAN MODEL C-SKOLE WAG

$
0
0

AfriForum  sê transformasiedruk kan Model C-skole onberekenbare skade kan aanrig.

Dit volg nadat die direkteur-generaal (DG) van basiese onderwys, Hubert Mweli, gesê het dat die personeel van voormalige Model C-skole meer moet transformeer.

Rosestad 100.6 Nuus Hubert Mweli

Hubert Mweli

“Volgens die departement se eie syfers is 80% van die skole in die land wanfunksioneel. Voormalige Model C-instellings tel oorwegend onder die suksesvolle 20% skole. Die DG se aanval op hulle skep die indruk dat die departement gehalte-onderrig ondergeskik aan ʼn rasagenda stel. Die departement se eerste prioriteit moet die prestasie van skole wees, nié die rassesamestelling van hulle personeel nie,” sê Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

“Waar rasagendas die fokus van ʼn sektor word, neem spanning toe wat belowende jongmense van loopbaangeleenthede daarin afskrik. Daar is reeds ʼn groot tekort aan jong onderwysers in die land – die DG se boodskap behoort te wees dat gehalte ononderhandelbaar is en geen onderwyser wat hom of haar tot kwaliteit-onderrig verbind, weens ʼn transformasie- of enige ander agenda uitgesluit sal word nie.”

Rosestad 100.6 Nuus Alana Bailey Tranformasie Model C-skole

Alana Bailey

Die Solidariteit Beweging het juis op 31 Augustus 2016 ʼn toekomsberaad oor onderwys gehou. By dié geleentheid is beklemtoon dat die departement se inmenging in onder meer aanstellings, taalbeleid en toelatingsprosedures baie nadelig op die voortbestaan van openbare skole kan inwerk. Strategieë is bespreek om uitnemende Afrikaanse onderrig in die toekoms te beskerm en uit te bou.

“Skoolgemeenskappe moet sterk standpunt teen boodskappe soos dié van die DG inneem om te verseker dat gehalte nie ondergeskik aan ras- en ideologiese agendas gestel word nie,”sê Bailey.

The post TRANSFORMASIE: SKADE AAN MODEL C-SKOLE WAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!