‘n Groot aantal aanhangers en familielede het vanoggend by die O. R. Tambo lughawe in Kempton Park gewag vir die aankoms van die Olimpiese helde Wayde van Niekerk en Akani Simbine.
Van die mense het Suid-Afrikaanse vlae geswaai en plakkate omhoog gehou.
Van Niekerk se ma, Odessa Swartz, het gesê sy kan nie wag om haar seun weer by die huis in Bloemfontein te hê nie
Swarts sê sy gaan vir Wayde met ‘n rooivleis gereg verras.
Wayde kom Vrydag huis toe
Wayde kom Vrydag in Bloemfontein aan waar ‘n helde-ontvangs vir hom sal wag.
Die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning reël ‘n verwelkomingsoptog in die Rosestad waarin die publiek die geleentheid sal kry om Wayde vir die eerste keer sedert sy goue-medalje en wêreldrekord by die Rio Olimpiese Spele te sien.
Die optog begin Vrydagoggend by Hofmannplein in die stad, waarna hy sy almamater by Greykollege sal besoek.
Vandaar sal hy na die Universiteit van die Vrystaat (UV) die Mangaung Buiteligsentrum en die Twin City-inkopiesentrum in Heidedal besoek.
The post WAYDE VRYDAG TUIS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.