Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, sê sy sal dit slegs oorweeg om ʼn kommissie van ondersoek na kindermoorde in te stel, indien ʼn deskundige ondersoek na ten minste ses sake voltooi is.
27 kinders is tot dusver vanjaar in die provinsie vermoor.
Die jongste voorval is die moord op die vyfjarige Kaithlyn Wilson wie se liggaam Sondagmiddag, ure nadat sy vermis geraak het, op Riebeek-Wes gevind is.
Zille het aan nie-regeringsorganisasies wat op ʼn ondersoek aandring gesê sy sal ʼn ondersoek loods slegs indien dit gaan help om nog moorde te voorkom.
The post Kindermoorde: Zille sal kommissie oorweeg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.