Die direkteur-generaal van die departement van sport, Alec Moemi sê SA Rugby kan steeds ‘n bod maak om die 2023 Rugbywêreldbeker aan te bied indien die sport teen die spertyd in 2017 transformasiekwotas bereik.
Suid-Afrikaanse rugbybase het aansoek gedoen om die 2023 Rugbywêreldbeker aan te bied.
Die aansoek volg ondanks die minister van sport, Fikile Mbalula, se aangekondiging dat hy nie meer sal toelaat dat sekere sportsoorte, sokker natuurlik uitgesluit, groot toernooie aanbied nie weens ‘n gebrek aan transformasie.
Frankryk, Ierland en Italië het ook aansoek gedoen om gasheer te wees.
The post “SA RUGBY KAN NOG BOD MAAK OM 2023 BEKER AAN TE BIED” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.