Politici en senior amptenare in Pretoria sal een van die dae afskeid moet neem van hul luukse motors en geen luukse motor sal tydens die DA se bewind gekoop of gehuur word nie.
Die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga, sê hy gaan nie toelaat dat die publiek se geld aan luukse motors bestee word terwyl inwoners sukkel met dienslewering, huise en werk nie.
Die luukse motors wat die ANC destyds bestel het, sal onmiddellik na die metropolisie gestuur word vir die stryd teen misdaad, veral kapings.
The post TSHWANE SE LUUKSE MOTORS POLISIE TOE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.