Die finansiële en fiskale kommissie sê Suid-Afrika kry nie waarde vir geld uit sy grondhervormingsprogam nie, ondanks aansienlike hulpbronne wat daarin gestort is.
Die kommissie sê die groot hoeveelheid landbougrond wat aan begunstigdes oorgedra is, word nie benut nie en het groot werkverliese tot gevolg gehad.
‘n Woordvoerder van die kommissie, Ghalieb Dawood, sê groot produksieverliese het voorgekom nadat landbougrond vir grondhervorming oorgedra is.
The post “SA KRY NIE WAARDE VIR GELD UIT GRONDHERVORMINGSPROGRAM NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.