Die DA sê hy sal nie die aanbeveling steun dat die Staatsveiligheidsagentskap se analis, Busisiwe Mkhwebane, die nuwe Openbare Beskermer word nie.
Die DA-lede op die ad hoc-komitee, Glynnis Breytenbach en Phumzile van Damme, sê Mkhwebane is nie ‘n geskikte kandidaat nie.
Volgens hulle het Regter Sharise Weiner die beste gevaar in haar onderhoud, maar was Richard Majola die beste kandidaat vanweë sy ondervinding en kwalifikasie.
The post NUWE OB: DA STEUN NIE VIR MKHWEBANE NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.