![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-330-150x150.png)
Een van Bloemfontein se bekendste sakemanne wat al baie jare in die
motorhandel betrokke is, die 69-jarige Ferdie Smith, is in ’n baie ernstige toestand in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein.
Netwerk24 berig Smith sr., wat bekend is om sy liefde vir mooi motors en onlangs vir hom ’n nuwe Bentley teen R4,6 miljoen aangeskaf het, is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat hy baie siek begin voel het.
Volgens sy seun, Ferdie jr. het hy nierversaking en het een van sy longe ook platgeval.
The post Bekende sakeman van Bfn in ernstige toestand appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.