![Hoofpypleiding van die Welbedachtdam het gebars](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-329-150x150.png)
Die watertoevoer na Bloemfontein is onmiddellik gestaak nadat die
hoofpypleiding van die Welbedachtdam na die stad gebars het.
Netwerk24 berig volgens Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro,werk ingeneurs sedertdien onverpoos om die pypleiding te herstel.
Die bars het eergisternag naby die kruising van die N6 en Kerkstraat ontstaan en daar word dringend gewerk om dit te herstel.
Bloemwater doen sy bes om die herstelwerk so gou moontlik af te handel om so min as moontlik water-onderbrekings te veroorsaak.
Alle inwoners van die metro word gevra om water so spaarsaam as moontlik te gebruik.
Watertenkers sal verskaf word namate dit benodig word.
The post Hoofpypleiding van die Welbedachtdam het gebars appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.