![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-321-150x150.png)
Die hooggeregshof in Londen het getuienis begin aanhoor in ‘n saak van ‘n
terminaal siek Brit wat vra vir die reg om te mag sterf.
Die 67-jarige Noel Conway lei aan ‘n motorneuronsiekte.
Hy vra die hof om ‘n dokter toe te laat om hom ‘n inspuiting te gee wat hom sal laat sterf wanneer sy toestand verder agteruitgaan.
Enige dokter wat Conway in hierdie stadium sou bystaan om te sterf, sal volgens wet tot veertien jaar tronkstraf gevonnis kan word.
Conway vra egter dat hierdie wet gewysig word om genadedood moontlik te maak.
Die voormalige Springbokskrumskakel, Joost van der Westhuizen is vroeër vanjaar aan motorneuronsiekte oorlede.
The post Terminaal siek man vra vir die reg om te mag sterf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.