![Maiduguri: 9 dood in bomontploffings](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-320-150x150.png)
Minstens nege mense is in twee bomontploffings in die Nigeriese stad
Maiduguri dood.
Die militante groep, Boko Haram, word vir die onploffings aanspreeklik gehou.
Die groep is al agt jaar in die streek aktief, maar het onlangs verskeie militêre terugslae gehad.
Amptenare sê ‘n vrou het haar by ‘n moskee opgeblaas en agt mense is dood.
Dit volg op ‘n ander voorval die afgelope naweek toe plofstof aan ‘n 10-jarige beeswagter vasgemaak is.
Dit het ontplof toe hy die plofstof probeer verwyder het.
Die beeswagter is dood en sy jonger boetie beseer.
The post Maiduguri: 9 dood in bomontploffings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.