![Krisis vir mielieboere in Noordwes](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-319-150x150.png)
Mielieboere in Noordwes sê hulle word deur ‘n krisis in die gesig gestaar met
die volgende plantseisoen wat op hande is.
Dit volg in die lig van lae mieliepryse weens die rekordoes hierdie seisoen.
Volgens die boere het hulle nie voldoende insetkapitaal vir die volgende oes nie.
Kleinskaalse boere ondervind die grootste probleme.
Die president van die kleinskaalse boere in Noordwes, Gideon Morule,
sê aanplanting vir die volgende seisoen gaan moeilik wees.
Morule sê die koste van diesel en kunsmis styg, terwyl die mielieprys daal.
The post Krisis vir mielieboere in Noordwes appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.