Die SAUK se omstrede bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, bied Saterdag ‘n uitspattige konsert aan om die SAUK en homself te bedank vir sy idee om alle radiostasies te verplig dat 90% van hul speellyste uit plaaslike musiek moet bestaan.
Netwerk24 berig die konsert staa n as die Thank You-musiekkonsert bekend en sal in die Orlando-stadion aangebied word.
Die SAUK gee ’n duisend gratis kaartjies weg aan sy TV-lisensiehouers, terwyl diegene wat nie TV-lisensies kan toon nie, R100 vir toegang sal moet opdok.
Dit is tans onbekend hoeveel die sukkellende SAUK moet opdok vir die konsert.
Altesaam 100 musikante gaan optree, wat Mafikizolo, Rebecca Malope, Mango Groove, die Parlotones en Ladysmith Black Mambazo insluit.
The post MOTSOENENG HOU KONSERT OM HOMSELF TE BEDANK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.