!["Doodsdreigemente is ondemokraties"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-312-150x150.png)
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het ‘n beroep op die regering gedoen om staatsamptenare en andere wat hul teen korrupsie uitspreek, te beskerm.
Outa sê die doodsdreigemente teen die uitgesproke ANC-parlementslid, Makhosi Khoza, en Sassa se uitvoerende hoof, Thokozani Magwaza, is veragtelik en ondemokraties.
Die minister van Polisie, Fikile Mbalula, het intussen gesê hy is bewus van die doodsdreigemente wat Khoza ontvang het en dat sy departement aandag daaraan gee.
The post “Doodsdreigemente is ondemokraties” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.