![SAKP: "Lede gaan nie bedank nie"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-311-150x150.png)
‘n Woordvoerder van die SAKP, Alex Mashilo, sê lede van die party gaan nie uit regeringsposte bedank nie.
Dit nadat die UDM-leier, Bantu Holomisa, in ’n verklaring gesê het alle SAKP-ministers, LP’s, LPP’s en raadslede behoort te bedank ná die SAKP-hoofsekretaris, Blade Nzimande, se aankondiging dat die party toekomstige verkiesings op hul eie sal aandurf.
Onder die huidige SAKP-ministers en adjunk-ministers is Nzimande – die minister van Hoër Onderwys — asook die minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, die minister van Sport, Thulas Nxesi, en die adjunk-ministers Jeremy Cronin, Buti Manamela en Ben Martins.
The post SAKP: “Lede gaan nie bedank nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.