![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-308-150x150.png)
Die SAKP se eerste adjunk-sekretaris-generaal, Solly Mapaila, het ‘n beëdigde
verklaring teen president Jacob Zuma by die Inspekteur-generaal van Intelligensie ingedien oor die intelligensieverslag wat glo in Maart gebruik is toe hy van Pravin Gordhan as minister van Finansies ontslae geraak het.
Mapaila het in Sandton aan ‘n paneelbespreking oor korrupsie deelgeneem en gesê Zuma het vir die ANC se alliansievennote gejok oor die redes vir die kabinetskommeling waarin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, afgedank is.
Hy sê die ANC se nasionale uitvoerende komitee moet die moed hê om Zuma daaroor aan te vat.
The post Beëdigde verklaring teen Zuma appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.