![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-307-150x150.png)
Die nasionale adjunk-voorsitter van die SAKP, Thulas Nxesi, het gewaarsku dat leiers van die party deur dreigemente en geweld in die gesig gestaar kan word weens hul uitsprake teen staatskaping en korrupsie.
Hy het op die party se nasionale kongres in Boksburg gesê die SAKP weet dat daar uit sommige oorde dreigemente, intimidasie en smeerveldtogte sal kom.
Nxesi sê daar kan selfs geheimsinnige ongelukke en politieke sluipmoorde volg wanneer mense begin om dinge oop te vlek.
The post Dreigemente, geweld weens uitsprake teen staatskaping appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.