![VS-amptenaar in hof vir korrupsie, bedrog](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_2-62-150x150.jpg)
’n Amptenaar van die Vrystaatse departement van openbare werke in Bloemfontein sal na verwagting vandag in die hof verskyn nadat hy op Ficksburg op aanklagte van korrupsie en bedrog in hegtenis geneem is.
‘n Woordvoerder van die Valke, kaptein S’fiso Nyakane, se die 36-jarige man het na bewering met ’n diensverskaffer saamgesweer om sy werkgewer uit R1,4 miljoen te bedrieg deur vals eise in te dien vir werk by kragstasies in die provinsie.
Die polisie het beslag gelê op vier selfone, ’n paspoort en ’n voertuig.
The post VS-amptenaar in hof vir korrupsie, bedrog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.