![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Jail-19-150x150.jpg)
Drie plaasaanvallers is gister in die Mthunzini-hooggeregshof in KwaZulu-Natal gevonnis weens die moord op die 56-jarige Peter Johnson op 2 Junie 2015 naby Mandeni tussen Durban en Richardsbaai.
Polisiewoordvoerder, kolonel Thembeka Mbhele, sê in ‘n verklaring die 22-jarige Sabelo Zulu is lewenslange tronkstraf opgelê, Nana Madikane tot 27 jaar weens poging tot moord en roof en Thandiwe Cele tot vier jaar weens roof.
‘n Vierde aanvaller, Sandile Mjadu, is deur die polisie in die KwaMbonambi-gebied doodgeskiet toe hy op polisiebeamptes geskiet het.
The post 3 plaasaanvallers tronk toe vir moord, roof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.