![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Gun-24-150x150.jpg)
‘n 33-Jarige eienaar van ’n plaas naby Swartruggens in Noordwes het hom aan
die polisie oorgegee nadat ’n 11-jarige meisie na bewering in die arm geskiet het toe sy en haar vriende Woensdag vuurmaakhout op die plaas bymekaar gemaak het.
Die polisie se brigadier Sabata Mokgwabone sê die meisies het weggehardloop
toe die boer glo op hul geskree het toe een van hulle agtergekom het haar arm
bloei.
Die boer sal binnekort in die Swartruggens-landdroshof op ‘n aanklag van
poging tot moord verskyn.
The post Meisie (11) in die arm geskiet: Boer gee hom oor aan polisie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.