![Nog 2 spesialiste bedank](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-305-150x150.png)
Gesondheidsorg in die Vrystaat steier steeds onder die voortdurende eksodus
van sy topmedici met nog twee van die provinsie se voorste spesialiste, prof.
Schalk Wentzel by urologie en dr. Maryke Spruit by kritieke sorg, wat bedank het.
Netwerk24 berig volgens dr. Freek Bester, president van die Suid-Afrikaanse
Mediese Vereniging se sentrale tak, gaan dit uiters moeilik wees om die ervaring van die topspesialiste wat die afgelope jaar en ’n half geloop het te probeer terugwen.
Volgens Bester beteken die bedankings dat pasiënte wat toenemend nie
meer mediese fondse kan bekostig nie aan die lot van onbekwame dokters met
swak opleiding en min ervaring blootgestel gaan word.
Die bedankings beteken ook dat die toekoms van die akademiese platforms by
die Universitas- en die Pelonomi-hospitaal, waar mediese studente aan die
Universiteit van die Vrystaat opleiding ontvang, erg bedreig word.
Die Vrystaatse departement van gesondheid het by monde van sy woordvoerder Mondli Mvambi, gevrag vir kalmte omdat die bedankings in die regte konteks gesien moet word.
The post Nog 2 spesialiste bedank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.