Daar was glo weer vandag `n aantal besigheidsrowe in die omgewing van Parkweg en Bayswater in Bloemfontein.
Die voorvalle van roof word na berig word deur vyf gewapende persone uitgevoer in `n wit of bruin Mercedes met geen nommerplate nie.
Hulle teiken moontlik veral sake-ondernemings soos vulstasies wat deurnag sake doen.
Hulle is kort voor twee-uur vanmiddag blykbaar in Langenhovenpark opgemerk.
Die verdagtes is na bewering gevaarlik.
Die publiek word versoek nie hulle te konfronteer nie en dadelik die naaste polisiestasie te skakel indien hulle opgemerk word.
The post ROWERS TEIKEN BLOEMFONTEIN-SAKELUI appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.