![Burundi: Granaataanval eis 8 lewens](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-284-150x150.png)
In Burundi in midde-Afrika is agt mense dood in ‘n granaataanval op ‘n kroeg in die noorde van die land.
‘n Amptenaar van die Kayanza-provinsie, waar die aanval plaasgevind het, sê die aanvallers het weggekom en die motief vir die aanval is nie bekend nie.
Burundi word sedert April 2015 deur geweld geteister nadat president Pierre Nkurunziza hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar gestel het en hy in Julie 2015 op omstrede wyse herkies is.
The post Burundi: Granaataanval eis 8 lewens appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.