![4 leeus glo langs N4 gesien in die Maravallei](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-283-150x150.png)
Die Parkeraad in Mpumalanga het met ’n uitgebreide soektog begin nadat vier leeus glo vanoggend naby Boulders in die Maravallei langs die N4 gesien is.
Die bestuurshoof van Mpumalanga se toerisme-en-parke-agentskap, Johannes Nobunga, sê hulle werk saam met die polisie en die Krugerwildtuin.
Hy sê sedert die leeus glo vroeg vanoggend gesien is, is hulle nog nie weer opgemerk nie, en lede van die gemeenskap en veral boere in die omgewing is versoek om die parkeraad te skakel indien hulle die leeus sien.
The post 4 leeus glo langs N4 gesien in die Maravallei appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.