![Bedrogsaak: Watson, 3 ander in hof](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-282-150x150.png)
Die voormalige hoof van OP Rugby, Cheeky Watson, en drie van sy mede-beskuldigdes het vandag vlugtig in die handelshof in Port Elizabeth verskyn in verband met ’n bedrogsaak oor die stad se geïntegreerde openbare vervoerstelsel.
Watson, asook Andrea Wessels, Nadia Gerwel, Mandisa Mkaza en Stephan Pretorius, was na bewering betrokke by geldwassery van nagenoeg 12-miljoen rand.
Pretorius, wat op Hermanus woon, het nie in die hof verskyn nie.
Die saak tot 13 Oktober uitgestel.
The post Bedrogsaak: Watson, 3 ander in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.