![NVG se kantoor beroof](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Police_flag-22-150x150.jpg)
Die kantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag in Pretoria is gisteraand beroof.
EyeWitness News berig dat daar gisteraand by die NVG se hoofkantoor, wat by Kerkplein in die middestad van Pretoria geleë is, ingebreek is.
Dit is nog nie nie bekend wat gesteel is nie.
Dit volg op ’n inbraak verlede Woensdagoggend by die Valke se kantoor in Silverton.
Die DA het die minister van Polisie, Fikile Mbalula, intussen versoek om inligting aan die publiek te verskaf oor die inbraak by die Valke se hoofkantoor in Pretoria.
In die eerste inbraak in die vroeë oggendure op 5 Julie is rekenaars uit die kantore gesteel.
DA woordvoerder Zakhele Mbhele sê die voorsitter van die palementêre portefeuljekomitee oor polisie, Francois Beukman, gaan skriftelik
versoek word dat die minister dringend besonderhede aan die komitee moet verskaf oor sake wat van nasionale belang is.
The post NVG se kantoor beroof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.