Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

IMF: “Wêreldekonomie op die herstelpad”

$
0
0
IMF: "Wêreldekonomie op die herstelpad"

Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Christine Lagarde, sê volgens gesprekke met wêreldleiers is die wêreldekonomie op die herstelpad.

Sy het aan die einde van die G20-beraad in Hamburg, Duitsland, gesê daar is egter risiko’s soos groter finansiële weerloosheid, lae produktiwiteit en toenemende ongelykheid wat dié herstel steeds bedreig.

Lagarde het gesê die huidige groeitydperk moet gebruik word om die finansiële sektor te versterk.

Duitse owerhede sê intussen byna 500 polisielede is beseer in botsings met betogers tydens die G20-beraad.

Die leiers van die voorste handelslande wat die byeenkoms bygewoon het, het reeds eergister weer vertrek, maar die geweld het voortgewoed.

Die polisie sê meer as 20 000 geregsdienaars is ontplooi om verregse betogers in toom te probeer hou en 186 mense is in hegtenis geneem.

Dit is nie seker hoeveel betogers beseer is nie.

The post IMF: “Wêreldekonomie op die herstelpad” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!