Dr. Hendrik Verwoerd is op hierdie dag (6 September) in 1966 in die parlement in Kaapstad vermoor.
‘n Parlementêre-beampte, Dimitri Tsafendas, het Dr Verwoerd, destydse Eerste Minister van Suid-Afrika, in ‘n sitting van die nasionale vergadering met ‘n mes aangeval.
Verwoerd is na die Groote Schuur-hospitaal gehaas waar hy dood verklaar is.
Tsafendas is deur Regter Andries Beyers tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Dit was die tweede poging om Verwoerd te vermoor.
Die bloedbevlekte mat in die nasionale vergadering waar Dr Verwoerd vermoor is, is in 2004 vervang.
Armand Cloete het Dr Flip Buys, voorsitter: Solidariteit Beweging, gevra of dit regverdig is om, soos dit algemeen in Suid-Afrika praktyk is, na Dr. Verwoerd te verwys as die vader van apartheid:
Luister potgooi-opname:
The post 50 JAAR: FLIP BUYS PRAAT OOR HENDRIK VERWOERD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.