Die Suid-Afrikaanse ekonomie het volgens Statistieke Suid-Afrika in die tweede kwartaal verbeter.
Dit het met 3,3% gegroei vergeleke by die eerste kwartaal, en is meer as die 1,7% wat die mark verwag het.
Statistieke Suid-Afrika, wat die groei in die bruto binnelandse produk in Pretoria bekend gemaak het, sê die twee grootste bydraers tot die groei, was die mynbousektor en vervaardigingsektor, wat onderskeidelik met meer as 11,8% gegroei het.
The post STATISTIEKE SA: EKONOMIE HET VERBETER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.