![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/SAL-150x150.jpg)
Terwyl die staat die afgelope naweek dringend moes ingryp om bankrot Suid-Afrikaanse Lugdiens met miljarde rande te red, sê die Vryheidsfront Plus die lugdiens vermors honderde miljoene rande aan borgskappe.
Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sê die SAL het sedert 2013 reeds borgskappe van sowat R127 miljoen toegeken aan onder meer die Springbok-rugbyspan, die land se Olimpiese span, die Mej. Suid-Afrika-kompetisie en Bafana Bafana.
Die Nasionale Tesourie het intussen die afgelope naweek R2,2 miljard as ‘n reddingsboei aan die lugdiens bewillig sodat agterstallige skuld aan Standard Chartered Bank betaal kon word.
Die minister van Finansies, Malusi Gigaba, sê die borgskappe is in die vorm van goedgunstige waarde en nie kontant nie.
The post “SAL vermors geld aan borgskappe” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.