![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Money_1-10-150x150.jpg)
Die Mantsopa-munisipaliteit in Ladybrand het meer as R9 miljoen vermors op rente op agterstallige rekeninge.
Die rente word gehef op agterstallige skuld aan onder meer Eskom, die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Telkom en die Munisipale Werkers-pensioenfonds.
Die DA se Tania Halse sê agterstallige skuld aan Eskom is veral ‘n bron van kommer, aangesien Mantsopa onlangs ‘n afbetalingsooreenkoms met die elektrisiteitsvoorsiener aangegaan het.
Ingevolge die plan wat deur die ANC in die raad aanvaar is, moet Mantsopa oor die volgende ses jaar agterstallige skuld oor ‘n typerk van ses jaar terugbetaal.
Halse sê uit die verslag is dit duidelik dat die munisipaliteit nie sy verpligtinge nakom nie.
The post Munisipaliteit vermors miljoene rande appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.