![Polisiekonstabel, nog 3 in hof vir roof](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_1-77-150x150.jpg)
’n Polisiekonstabel sal na verwagting vandag saam met nog drie verdagtes in die landdroshof in Standerton in Mpumalanga op ’n aanklag van roof verskyn.
Dit volg nadat sowat sewe gewapende mans Saterdag die eienaar van ‘n bakkery op die dorp en sy vrou met vuurwapens aangehou en van ’n onbekende bedrag geld beroof het.
Die polisie se brigadier Leonard Hlathi sê drie van die rowers het daarin geslaag om weg te kom.
The post Polisiekonstabel, nog 3 in hof vir roof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.