![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-164-150x150.png)
Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, sê president Jacob Zuma het reeds ‘n aanduiding gegee dat hy die speaker, Baleka Mbete, opdrag gaan gee om nie ‘n geheime stemming oor ‘n mosie van wantroue in die president toe te laat nie.
Holomisa sê indien dit gebeur, gaan die UDM die saak na die hof neem vir hersiening.
Hy sê Zuma het dit verlede week in die parlement duidelik gestel dat hy daarteen gekant is dat LP’s in die geheim kan stem.
Holomisa sê Zuma is Mbete se baas en Mbete is die voorsitter van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.
The post UDM sal saak hof toe neem appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.