Woedende inwoners het vanoggend toegangspaaie na Vanderbijlpark versper omdat hulle ontevrede is met Rand Water se besluit om die druk in waterpype met tot 20% te verlaag.
‘n Woordvoerder van die Emfuleni-munisipaliteit, Stanley Gaba, het aan Netwerk24 bevestig dat die druk in die waterpype verlaag is omdat die plaaslike owerheid die waterverskaffer glo R70 miljoen skuld.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Thendeka Koago, sê die mense is ook kwaad omdat die munisipaliteit ’n tender aan ’n Sjinese maatskappy toegeken het om sogenaamde smart meters te laat installeer om inwoners te dwing om vir hul krag te betaal.
The post Inwoners sien rooi oor Rand Water se besluit appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.