!["Ekonomie, land behoort aan almal in SA"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-159-150x150.png)
Die gewese voorsitter van die Afrika Unie-kommissie, Nkosazana
Dlamini-Zuma, sê die ekonomie en die land se grond behoort aan almal in
Suid-Afrika.
Sy het in Durban gesê dit is nie wenslik en regverdig dat 90% van die ekonomie aan wit mense behoort nie.
Dlamini-Zuma, wat in die wedloop is om die president van die ANC en die land te word, sê grond is reeds teen 1913 van swart mense af weggevat en dit is noodsaaklik dat die grondkwessie onmiddellik aangespreek moet word.
The post “Ekonomie, land behoort aan almal in SA” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.