![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-158-150x150.png)
Die ANC in Gauteng het nie ‘n presidentskandidaat benoem tydens die party se provinsiale beleidskonferensie wat die naweek in Pretoria gehou is nie.
Die voorsitter van die ANC in Gauteng, Paul Mashatile, het die lede gelukgewens met hul dissipline om nie kwessies soos die leierskap van die ANC te bespreek nie.
Hy sê die ANC-leierskap moet verteenwoordigend van die land se demografie wees.
Hy het gerugte in die kiem gespoor dat die provinsie adjunkpresident Cyril Ramaphosa wou benoem het, maar dat dit nie die goedkeuring van takke weggedra het nie.
The post Gauteng: ANC het nie kandidaat benoem nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.