![Vrou doodgery deur trein in Bfn](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-157-150x150.png)
’n Vrou is Saterdagaand in Bloemfontein deur ’n trein doodgery.
Netwerk24 berig die voorval het langs Stalsweg in Gardeniapark plaasgevind.
Noodreddingswerkers het haar met lewensbedreigende beserings langs die
spoorlyn aangetref.
Sy is op die toneel dood.
Dit is die tweede vrou in vyf maande wat daar deur ’n trein doodgery is nadat die 60-jarige Rina van der Berg in Februarie doodgery is.
Die afgelope drie jaar het minstens vyf vroue op die spoorlyn deur die stad gesterf.
Van hulle het hul eie lewe geneem deur voor ’n bewegende trein in te spring.
The post Vrou doodgery deur trein in Bfn appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.