Die DA sê die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aanbevelings oor ‘n wysiging van die Grondwet oorskry haar mandaat geheel en al.
DA-woordvoerder, Glynnis Breytenbach, sê slegs die Parlement het die mag om aanpassings aan die Grondwet te maak.
Die Parlement het ook bekend gemaak dat die OB se verslag op ‘n regshersiening geneem gaan word.
Dit volg nadat die OB se regstellende aanbevelings ‘n negatiewe uitwerking op die sterkte van die rand gehad het en graderingsagentskappe ook hul kommer uitgespreek het oor die voorgestelde wegkalwing van die Reserwebank se onafhanklikheid.
The post Grondwet: “Net Parlement het die mag” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.