Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Brandstigters, geweldplegers moet gestraf word”

$
0
0
"Brandstigters, geweldplegers moet gestraf word"

Die Solidariteit Beweging dring daarop aan dat die brandstigters en geweldplegers wat tydens betogings in Bloemfontein en Schweizer-Reneke skade aan geskiedkundige geboue, skole en besighede aangerig het, vervolg en gestraf moet word.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê in ‘n verklaring daar heers tans ʼn kultuur van verwoesting in die land.

Hy sê die wydverspreide neiging dat protesaksies uitloop op geweld en brandstigting kan nie langer geduld word nie.

Buys sê die SAPD sal moet verduidelik hoekom daar nie voorkomend opgetree is nie.

Buys se reaksie volg nadat Bloemfontein vandeesweek weer vlam gevat het en werkers van die Mangaung-metro tydens ʼn staking van die vakbond Samwu die brandweerstasie in Chris Hani Square, asook die stad se geskiedkundige stadsaal, deur brande verwoes het.

Die polisie sê intussen hy gaan strenger op te tree in die Parkweg-polisiëringsgebied in Bloemfontein en beoog om hul operasies te versterk.

Dit volg op ‘n toename in misdaad in dié gebied die afgelope tyd.

Die polisie se Kapt. Chaka Marope sê verskeie polisie-operasies word vir die volgende paar weke beplan om onder meer rooftogte en diefstal uit motors in veral die Bloemfonteinse middestad stop te sit.

Marope het aan Netwerk24 gesê uitgebreide, onbeplande soekoperasies sal ook by verskeie plekke in die stad gehou word om inwoners onder meer oor padveiligheid en die voorkoming van kapings in te lig.

Verskeie patrollies sal te voet en in polisievoertuie uitgevoer word.

Dié patrollies sal fokus op die voorkoming van rooftogte en ander gewelddadige misdrywe.

The post “Brandstigters, geweldplegers moet gestraf word” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!