Lindsay Tuckett, die wêreld se oudste lewende toetskrieketspeler en voormalige president van Vrystaat Krieket, is gisteroggend in die ouderdom van 97 in die Rosestad oorlede.
Tuckett, wat tot met sy dood in die Baysvillage-aftreeoord gewoon het, is aan natuurlike oorsake oorlede.
Hy was bekend as ‘n snelbouler en het tussen 1947 en 1949 in nege toetse vir Suid-Afrika gespeel.
Netwerk24 berig die KwaZulu-Nataller John Watkins (93 jaar en 148 dae) is nou die wêreld se oudste lewende toetskrieketspeler.
The post OUDSTE TOETSKRIEKETSPELER OP 97 OORLEDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.