Die presidensie sê daar is niks sinisters aan die feit dat president Zuma en die minister van Finansies, Pravin Gordhan, met verskillende vliegtuie na die G20-beraad in Sjina gevlieg het nie.
Volgens die presidensie het ander ministers ook soos Gordhan in ’n passasiersvliegtuig gereis, terwyl Zuma met ’n private straler na die beraad vertrek het.
Woordvoerder Bongani Ngqulunga het in ‘n verklaring uitgevaar teen die wanvoorstelling en manipulering van inligting gister in ‘n berig in die koerant, City Press.
Hy sê die indruk is gewek dat Gordhan sleg behandel is en niks is genoem van die ander ministers en adjunk-ministers wat ook kommersieel na Sjina gevlieg het nie.
The post “NIKS SINISTERS” AAN ZUMA, GORDHAN SE APARTE VLUGTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.