Die kommissie van ondersoek na universiteitsgeld het vanoggend met sy openbare aanhoor van getuienis en aanbevelings oor die moontlikheid van gratis tersiêre onderrig in Kaapstad begin.
Die kommissie, wat deur president Jacob Zuma in die lewe geroep is, gaan aanbevelings van akademici, studentegroepe en regeringsamptenare aanhoor.
Die adjunk-sekretaris-generaal van die drukgroep, Equal Education, Nthuthuzo Ndzomo, het vanoggend gesê die probleme oor universiteitsgeld is jare gelede al deur die voormalige swart universiteite geopper, maar daar is nie aandag aan gegee voordat voormalige wit universiteite dit geopper het nie.
The post GRATIS ONDERRIG: OPENBARE AANHOOR BEGIN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.