![Parlement gaan OB se opdrag in hof betwis](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-151-150x150.png)
Die parlement gaan die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se opdrag aan die portefeuljekomitee oor Justisie om die Grondwet te wysig, in die hof betwis.
Die parlement sê in ’n verklaring die remediërende stappe wat die OB gelas en wat die parlement betrek, is ongrondwetlik.
Die OB se verslag handel oor onder meer bewerings van wanadministrasie, korrupsie, wanbesteding van openbare geld en die regering wat in gebreke gebly het om openbare geld van Absa Bank te verhaal.
Absa het ook vroeër gesê hy gaan die hooggeregshof vra om die verslag te laat hersien en tersyde te laat stel.
Volgens die bank is daar verskeie wanvoorstellings en feitelike onakkuraathede in die OB se verslag.
The post Parlement gaan OB se opdrag in hof betwis appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.