![Talle vrywilligers na staatslykshuise gestuur](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-149-150x150.png)
Die Nasionale Vereniging van Begrafnisondernemers het talle vrywilligers
gestuur om die vier Gautengse staatslykshuise by te staan wat deur `n sloerstaking ontwrig is.
Forensiese patologie-beamptes se staking die afgelope vier weke uit ontevredenheid oor die uitdagings van hul werk, is gister opgeskort.
Families moes begrafnisse uitstel omdat nadoodse ondersoeke nie gedoen kon word nie.
Die voorsitter van die vereniging, Mike Collinge, sê van die vrywilligers het reeds gister begin werk.
The post Talle vrywilligers na staatslykshuise gestuur appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.