![Kinderpornografie: Vonnis teen man is "te lig"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_2-58-150x150.jpg)
Die Hooggeregshof in Kaapstad sal vandag die staat se appèl aanhoor teen die
vonnis vir ’n man wat 10 jaar lank kinderpornografie van sy bure en vriende se
kinders vervaardig en versamel het.
Hy het skuld erken en is op 24 Mei 2015 in die streekhof in Parow op meer as 2000 aanklagte van soortgelyke aard skuldig bevind en tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.
Volgens ‘n woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging is die vonnis skokkend onvanpas en heeltemal te lig.
The post Kinderpornografie: Vonnis teen man is “te lig” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.