Die Demokratiese Alliansie (DA) sê die uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro-munisipaliteit, Olly Mlamleli, was die kruitvat in die vuur van stakende werkers wat Woensdagaand die Bloemfonteinse stadsaal aan die brand gesteek het.
Rosestad Nuus het intussen verneem dat die munisipaliteit se argief, wat in ‘n vertrek in die stadsaal gehuisves word, is ook in die brand verwoes.
Mlamleli het glo nie die Plaaslike Arbeidsforum in kennisgestel van ‘n oorreenkoms wat sy met die munisipale werkersunie, Samwu, bereik het nie.
Lede van Samwu was Donderdagoggend buite die stadsaal waar hulle gesing en gedans het.
Die polisie het egter die groep met skokgrenate uiteengejaag.
Werner Horn, DA kiesafdelingshoof vir die Mangaung Metro, sê die feit dat Mlamleli nie ‘n ooreenkoms vir verhoogde lone en ‘n bonus vir Samwu-lede ooreengekom het nie, versterk die woede van die feit dat die kosbare erfenisgebou verwoes is.
Horn sê dit is egter hartseer dat ongelukkige werkers na 21 jaar van demokrasie nie ‘n volwasse manier kan vind om hulle misnoeë te wys nie.
- Nog twee munisipale geboue in Bloemfontein is aan die brand gesteek enkele ure nadat Bloemfonteinse stadsaal deur ’n brand verwoes is. Die Rocklands-biblioteek en die nuwe brandweerstasie in die Rodenbeck-gebied wat vir R4 miljoen gebou was is deur vandale aan die brandgesteek. Netwerk24 berig die brandweer kon egter die skade aan die twee munisipale geboue beperk. Drie mans is gisteraand in hegtenis geneem in verband met brandstigting by die stadsaal.
The post Bloemfontein Stadsaal: Mlamleli “die kruitvat in die vuur” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.