![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-84-150x150.png)
Vier studente aan die Universiteit van Pretoria is geskors hangende ’n
tugverhoor nadat hulle ’n werknemer in die universiteit se biblioteek gyselaar
gehou het.
Woordvoerder Rikus Delport sê die vrou is op 26 Mei deur studente van die EFF se UP-tak gyselaar gehou.
Hy sê dit is nie duidelik waarom sy gyselaar gehou is nie, maar hulle wou glo met die universiteitsbestuur vergader.
‘n Woordvoerder van die EFF aan die UP ontken dat hul enigiemand gyselaar gehou het.
The post 4 studente aan UP geskors appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.