![Voorsitter van Eskom bedank](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-82-150x150.png)
Die DA sê hy vind die laataand-bedanking van die voorsitter van Eskom se
direksie, Ben Ngubane, hoogs verdag.
Die aankondiging is ná elfuur gisteraand in ‘n verklaring deur die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, gedoen.
DA-woordvoerder Natasha Mazzone sê in ‘n verklaring Ngubane se bedanking sal hom nie onthef van aanspreeklikheid vir die verbrokkeling van
bestuur by die kragverskaffer nie.
Sy sê die DA sal die parlementêre ondersoek na Eskom, wat op 21 Junie begin, gebruik om Ngubane aanspreeklik te hou.
The post Voorsitter van Eskom bedank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.