![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-78-150x150.png)
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die oorsaak van die verwoestende brande in die Knysna-gebied moet dringend ondersoek word en die bevinding moet so spoedig moontlik aan die publiek bekend gemaak word.
Hy sê in ‘n verklaring die polisie moet ook in samewerking met die Eden-distriksmunisipaliteit ondersoek instel na die moontlikheid van brandstigting, aangesien verskeie brande binne ʼn kort tydperk in die gebied tussen George en Port Elizabeth ontstaan het.
Groenewald sê dit is verdag dat brande so kort na mekaar oor so ʼn groot gebied kon uitbreek.
The post VF Plus vra dringende ondersoek na Knysna-brande appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.