![Nieu-Seeland wil blinde, gestremde meisie (5) deporteer](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-81-150x150.png)
ʼn Hooggeregshof in Nieu-Seeland het uitspraak gelewer ten gunste van die owerhede dat ʼn blinde, gestremde vyfjarige meisie terug na Suid-Afrika gedeporteer moet word weens haar mediese toestand.
Die Nieu-Seelandse departement van immigrasie het aangevoer dat Caitlyn Davies ʼn las vir die land se gesondheidsdienste sal wees.
Haar pa, Jonathan, is ʼn plaasbestuurder naby die dorp Geraldine in die Canterbury-streek nadat hy in 2015 na Nieu-Seeland verhuis het, en sy vrou en twee jong kinders het hul ‘n paar maande later by hom aangesluit.
The post Nieu-Seeland wil blinde, gestremde meisie (5) deporteer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.